Brooklyn, Pretoria

Brooklyn
Voorstad
Nieuw-Muckleneuk en Brooklyn voorstede
Nieuw-Muckleneuk en Brooklyn voorstede
Koördinate: 25°46′12″S 28°14′12″O / 25.77000°S 28.23667°O / -25.77000; 28.23667
Oppervlak
 • Totaal2,56 km2 (0,99 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal4 177
 • Digtheid1 600/km2 (4 200/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
Busse: 0011
Strate: 0181
Skakelkodes012

Brooklyn is 'n voorstad van Pretoria, Suid-Afrika. Dit is 'n gesogte, boomryke, gevestigde gebied wat oos van die stadskern geleë is. Dit beslaan weelderige wonings, besighede langs die groter strate soos Duncanstraat en Charlesstraat en luukse winkelsentrums. Dit grens aan die Universiteit van Pretoria in Hillcrest in die noorde, Menlopark in die ooste, Bailey's Muckleneuk en Sunnyside in die weste en Nieuw-Muckleneuk en Waterkloof in die suide. Die Pretoria Boys High School is in die woonbuurt geleë.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne